Xhosa [boodskap #134571] |
Sat, 14 November 2020 15:28 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Xhosa
Afbreking: Xho•sa
Uitspraak: /ǁkʰoːsɑ/
Selfstandige naamwoord: Xhosa
Meervoud: Xhosas
Verkleinwoord: Xhosatjie
Meervoud van verkleining: Xhosatjies
Betekenis:
• 'n Lid van 'n swart Oos-Kaapse stam in Suid-Afrika.
Gebruik:
• Daar is baie Xhosas wat Afrikaans praat.
Wisselvorm:
• Kôsa
Vertaling:
Engels: Xhosa
Nederlands: Xhosa
Venda: Muthoza
Xhosa: umXhosa
Zoeloe: umXhoza, iXhoza
Selfstandige naamwoord: Xhosa
Meervoud: –
Betekenis:
• Nguni-taal met ± 7,2 miljoen sprekers; 'n amptelike taal van Suid-Afrika.
Gebruik:
• Kan jy Xhosa praat?
Sinoniem:
• isXhosa
Afkorting:
• Xh.
Vertaling:
Engels: Xhosa
Nederlands: Xhosa
Noord-Sotho: Sethosa
Suid-Sotho: Sexhosa
Tswana: Sethosa
Venda: Luthoza, Tshithoza
Xhosa: isiXhosa
Zoeloe: isiXhoza
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|