akkerdruif [boodskap #134569] |
Sat, 14 November 2020 11:51 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
akkerdruif
Afbreking: ak•ker•druif
Samestelling: akker + druif
Selfstandige naamwoord: akkerdruif
Meervoud: akkerdruiwe
Verkleinwoord: akkerdruifie
Meervoud van verkleining: akkerdruifies
Betekenis:
• 'n Wit, akkervormige druif met 'n langwerpige korrel, Vitis vinifera L. ssp. vinifera.
Gebruik:
• Akkerdruiwe word vir wyn of as 'n tafeldruif gebruik.
Sinoniem:
• rosaki
• Waltham Cross
Vertaling:
Engels: acorn grape, rosaki
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|