onderduims [boodskap #134565] |
Sat, 14 November 2020 09:34 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
onderduims
Afbreking: on•der•duims
Byvoeglike naamwoord: onderduims
Attributief: onderduimse
Betekenis:
• In die geheim; op 'n skelm of oneerlike wyse.
Gebruik:
• Ons vyande gebruik dikwels onderduimse metodes om ons te vernietig.
Spreekwoord:
• Hy is onderduims. [Oneerlik.]
Afgelei:
• agteraf
• agterbaks
• skelm
• slu
Afgelei:
• onderduimsheid
Vertaling:
Engels: underhand, clandestine, secret
Nederlands: onderduims
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|