Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » wieg
wieg [boodskap #134552] Fri, 13 November 2020 09:33
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Slapende babatjie in sy wieg.
'n Slapende babatjie in sy wieg.
wieg
Afbreking: wieg


Selfstandige naamwoord: wieg
Meervoud: wieë
Verkleinwoord: wiegie
Meervoud van verkleining: wiegies

Betekenis:
• Bed vir 'n baba waarmee 'n kind saggies heen en weer beweeg word.
• Plek van oorsprong.

Gebruik:
• Sy sus die kindjie in sy wieg aan die slaap.
• Die Wieg van die Mensdom is 'n wêrelderfenisgebied aan die Wes-Rand net noordwes van Krugersdorp.

Spreekwoord:
• Die hand wat die wieg skommel, regeer die wêreld. [Die moeder oefen die grootste invloed in die wêreld uit.]

Sinoniem:
• bababedjie
• skommelbedjie

Afgelei:
• wiegdood
• wiegelied

Vertaling:
Engels: cradle
Nederlands: wieg


Werkwoord: wieg
Verlede tyd: het gewieg

Betekenis:
• Heen en weer beweeg; skommel.

Gebruik:
• Moenie op die stoel wieg nie.

Vertaling:
Engels: to rock, sway
Nederlands: wiegen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: wesenlik
Volgende onderwerp: okapi
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 11 07:57:02 UTC 2025