natuurkundige [boodskap #134549] |
Fri, 13 November 2020 07:46 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
natuurkundige
Afbreking: na•tuur•kun•di•ge
Selfstandige naamwoord: natuurkundige
Meervoud: natuurkundiges
Betekenis:
• 'n Wetenskaplike wat natuurkunde of fisika beoefen.
Gebruik:
• Die natuurkundige Max Planck het die Konstante van Planck in 1900 ingevoer.
Sinoniem:
• fisikus
Vertaling:
Engels: physicist
Nederlands: natuurkundige
Byvoeglike naamwoord: natuurkundig
Attributief: natuurkundige
Betekenis:
• Wat die natuurkunde of fisika betref.
Gebruik:
• Planck se konstante is 'n natuurkundige konstante wat in alle vergelykings van kwantummeganika voorkom.
Vertaling:
Engels: physics
Nederlands: natuurkundige
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|