reservaat [boodskap #134529] |
Wed, 11 November 2020 18:44 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
reservaat
Afbreking: re•ser•vaat
Selfstandige naamwoord: reservaat
Meervoud: reservate
Verkleinwoord: reservaatjie
Meervoud van verkleining: reservaatjies
Betekenis:
• Gebied wat vir 'n spesifieke doel opsygesit is, soos om wild of 'n natuurgebied te bewaar.
Gebruik:
• Die reservaat beskik oor teer- en grondpaaie wat dit vir besoekers toeganklik maak.
Sinoniem:
• bewaringsgebied
Afgelei:
• indianereservaat
• natuurreservaat
• voëlreservaat
• wildreservaat
Vertaling:
Engels: reserve
Nederlands: reservaat
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|