Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Afrikaans in Ga-Rankuwa
Afrikaans in Ga-Rankuwa [boodskap #14084] Mon, 27 April 1998 00:00
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: February 1998
Karma: 0
Senior Lid
OK, alles is darem nie altyd slegte nuus nie.

In vandag se Beeld rapporteer Elkarien Fourie die volgende:

PROJEK VERANDER SKOOL IN GA-RANKUWA SE LOT.

"Goeie dissipline en 'n positiewe gesindheid was al wat in die guns van die
Hoe"rskool Tebogwana getel het nadat inbrekers lankal alles weggedra het wat
draagbaar was. Daar was nie eens meer 'n biblioteekboek of 'n proefbuis nie.
Onderwysers het nie voorberei of volgens 'n leerplan gewerk nie.

"Dit was voordat Projek Handevat die skool verlede jaar soos handomkeer
verander het. Die doel van die projek is om die gehalte van die onderrig van
Afrikaans as tweede taal te verbeter.

"Tebogwana bedien oorwegend Tswanasprekers in Ga-Rankuwa in Noordwes. Die
inwoners het meestal met Afrikaans grootgeword en het self gekies om
Afrikaans as tweede taal op skool te leer.

"Mnr Tobie van Dyk, wat die projek as navorsingsonderwerp vir sy
meestersgraad lei, sê die eerste stap was om 'n leerplan vir die
teikengroep gr. 10 - 12 leerlinge in oorleg met die Dept van Onderwys op te
stel. Hy het 5 maande by die Universiteit van Antwerpen se Centrum voor Taal
en Spraak gaan kers opsteek.

"Hy besoek die skool 2-3 maal per week as hulponderwyser en het ook die
leerlinge se fisieke, sosiale en emosionele welstand op die hart.

"'n Jaar nadat die program met die gr.10 klas begin het, het die skool se
matrieks 8 onderskeidings in Afrikaans behaal. Die skool se slaagsyfer was
verlede jaar meer as 75%."

Hoede af vir Tobie!

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Afrikaans in Ga-Rankuwa [boodskap #14085 is 'n antwoord op boodskap #14084] Mon, 27 April 1998 00:00 Na vorige boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: February 1998
Karma: 0
Senior Lid
Julle ous wat in SA is kan gerus meer van hierdie soort positiewe bydraes
plaas. Ek dink nie 'n mens moet jou oë sluit vir foute wat plaasvind nie,
maar plasing soos hierdie is belangrik vir balans!
--
Net Nico ...

Henri Burger wrote in article
...
| OK, alles is darem nie altyd slegte nuus nie.
|
| In vandag se Beeld rapporteer Elkarien Fourie die volgende:
|
|
| PROJEK VERANDER SKOOL IN GA-RANKUWA SE LOT.
|
| "Goeie dissipline en 'n positiewe gesindheid was al wat in die guns van
die
| Hoe"rskool Tebogwana getel het nadat inbrekers lankal alles weggedra het
wat
| draagbaar was. Daar was nie eens meer 'n biblioteekboek of 'n proefbuis
nie.
| Onderwysers het nie voorberei of volgens 'n leerplan gewerk nie.
|
...........
Vorige onderwerp: e-KRANT
Volgende onderwerp: Boodskap vir Nico
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 09 01:26:09 UTC 2025