Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » rykdom
rykdom [boodskap #134524] Wed, 11 November 2020 15:51
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21086
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
rykdom
Afbreking: ryk•dom


Selfstandige naamwoord: rykdom
Meervoud: rykdomme

Betekenis:
• Die toestand van ryk wees (oorvloedige besit), of dit wat mens ryk maak (baie geld, goud, ens.)

Gebruik:
• Geen rykdom kan geluk koop nie en 'n mens kan dit ook nie saamvat as jy eendag doodgaan nie.

Spreekwoord:
• Hy ken nie die einde van sy rykdom nie. [Baie ryk.]
• Kinders is die arm man se rykdom. [Arm mense het gewoonlik baie kinders.]

Antoniem:
• armoede

Vertaling:
Engels: riches, wealth, prosperity
Nederlands: rijkdom

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bulgeveg
Volgende onderwerp: pistool
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 25 21:02:04 UTC 2025