| snaar [boodskap #134520] |
Wo., 11 November 2020 14:55 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 25542 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
snaar
Afbreking: snaar
Selfstandige naamwoord: snaar
Meervoud: snare
Verkleinwoord: snaartjie
Meervoud van verkleining: snaartjies
Betekenis:
• Lang, dun en veerkragtige draad, soos die wat in harpe, kitare en rakette gebruik word.
• 'n Manlike persoon; vent.
Gebruik:
• Die jagter haal 'n pyl uit sy koker en span sy boog se snaar.
• Wat soek die snaar al weer hier?
Spreekwoord:
• Met snaar en stramboel êrens gaan. [Reis te voet.]
• Altyd op dieselfde snaar speel. [Altyd oor dieselfde onderwerp praat.]
Hiponiem:
• dermsnaar
• ghitaarsnaar
• harpsnaar
• hartsnaar
• klaviersnaar
• raketsnaar
• snaarinstrument
• vioolsnaar
Afgelei:
• agtsnarig
• eensnarig
• driesnarig
• snaarinstrument
• snaarloos
• snaarwerk
Vertaling:
Engels: string
Nederlands: snaar
Werkwoord: snaar
Verlede tyd: het gesnaar
Verlede deelwoord: gesnaarde
Betekenis:
• Om van snare te voorsien.
Gebruik:
• Hy snaar sy tennisraket.
Vertaling:
Engels: to string
Nederlands: snaren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|