haelbui [boodskap #134513] |
Wed, 11 November 2020 12:56 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
haelbui
Afbreking: hael•bui
Samestelling: hael + bui
Selfstandige naamwoord: haelbui
Meervoud: haelbuie
Verkleinwoord: haelbuitjie
Meervoud van verkleining: haelbuitjies
Betekenis:
• Neerslag van ys (hael) wat vir 'n kort periode (bui) na benede stort.
Gebruik:
• Die haelbui het al ons blomme stukkend geslaan.
Verwant:
• haelstorm
Vertaling:
Engels: shower of hail, short hailstorm
Nederlands: hagelbui
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|