venynig [boodskap #134506] |
Tue, 10 November 2020 13:46 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
venynig
Afbreking: ve•ny•nig
Byvoeglike naamwoord: venynig
Vergrotende trap: venyniger
Oortreffende trap: venynigste
Attributief: venynige
Partitief: venynigs
Betekenis:
• Met groot venyn; wat kwetsend en lasterlik is.
Gebruik:
• Sy deel die een belediging na die ander uit, elkeen meer venynig as die vorige.
Sinoniem:
• afknouend
• bitsig
• bytend
• kwaadwillig
• lasterlik
Afgelei:
• venynigheid
Vertaling:
Engels: venomous, vicious, malicious, hurtful
Nederlands: venijnig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|