laagte [boodskap #134503] |
Tue, 10 November 2020 11:12 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
laagte
Afbreking: laag•te
Selfstandige naamwoord: laagte
Meervoud: laagtes
Verkleinwoord: laagtetjie
Meervoud van verkleining: laagtetjies
Betekenis:
• Plek wat minder hoog as sy omgewing lê.
• Die eienskap van laag wees.
Gebruik:
• Ek sal op die kaal bergtoppe riviere laat ontspring, en in die laagtes fonteine laat uitborrel. [Jesaja 41:18]
• Die land se wisselkoers het 'n nuwe laagte bereik.
Sinoniem:
• depressie
Antoniem:
• hoogte
Verwant:
• dal
• vallei
Vertaling:
Engels: valley, dip
Nederlands: laagte
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|