merino [boodskap #134502] |
Tue, 10 November 2020 10:27 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
merino
Afbreking: me•ri•no
Selfstandige naamwoord: merino
Meervoud: merino's
Verkleinwoord: merino'tjie
Meervoud van verkleining: merino'tjies
Betekenis:
• 'n Skaap wat bekend is vir sy wol, maar ook vir vleisproduksie aangehou word, oorspronklik van Spanje.
Gebruik:
• Daar is twee soorte merino's: die met lang spiraalvormige horings en die sonder horings.
Sinoniem:
• merinoskaap
• mofskaap
Afgelei:
• merinobaron
• merinobedryf
• merinoboer
• merinoklub
• merinowol
Vertaling:
Engels: merino-sheep, wool-sheep
Nederlands: merino
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|