leuse [boodskap #134497] |
Mon, 09 November 2020 20:01 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
leuse
Afbreking: leu•se
Selfstandige naamwoord: leuse
Meervoud: leuses
Verkleinwoord: leusetjie
Meervoud van verkleining: leusetjies
Betekenis:
• Kort en kragtige sin wat 'n doelstelling of ideaal uitdruk, dikwels as deel van 'n wapen.
Gebruik:
• Suid-Afrika se leuse, !ke e: /xarra //ke, is geskryf in die Khoisan-taal van die San en beteken letterlik "diverse mense verenig".
Sinoniem:
• kenspreuk
• motto
• sinspreuk
• slagspreuk
Vertaling:
Engels: motto
Nederlands: leuse
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|