Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vlooi
vlooi [boodskap #134493] Mon, 09 November 2020 16:54
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Vlooi.
'n Vlooi.
vlooi
Afbreking: vlooi


Selfstandige naamwoord: vlooi
Meervoud: vlooie
Verkleinwoord: vlooitjie
Meervoud van verkleining: vlooitjies

Betekenis:
• 'n Vlerklose insek en parasiet wat die bloed van sy gasheer suig.

Gebruik:
Vlooie hou 'n groot gevaar in omdat hulle siektes tussen mense en ander warmbloedige diere versprei.

Spreekwoord:
• 'n Vlooi in die broek hê. [Nie kan stilsit nie.]
• Van 'n vlooi 'n olifant maak. [Erg vergroot, oordryf.]

Hiponiem:
• bedvlooi
• hoendervlooi
• hondevlooi
• katvlooi
• mensvlooi
• muisvlooi
• rotvlooi
• sandvlooi
• watervlooi

Afgelei:
• vlooibyt
• vlooipoeier

Vertaling:
Engels: flea
Nederlands: vlo

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: koord
Volgende onderwerp: kimono
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 11 08:22:19 UTC 2025