Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » hoepel
hoepel [boodskap #134467] Sun, 08 November 2020 08:09
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Meisie met 'n hoepel.
Meisie met 'n hoepel.
hoepel
Afbreking: hoe•pel


Selfstandige naamwoord: hoepel
Meervoud: hoepels
Verkleinwoord: hoepeltjie
Meervoud van verkleining: hoepeltjies

Betekenis:
• Speelding wat kinders om hul heupe swaai; hula-hoepel.
• Ring op 'n netbalbaan waardeur die bal gegooi word.
• Ringvormige band wat 'n vaatjie saambind.

Gebruik:
• Ouma sukkel maar om die hoepel om haar heupe te swaai.
• Die hoepel is 38 cm in deursnee aan 'n paal 3,05 meter bokant die grond.
• Die kuiper kap die vat se hoepels vas.

Spreekwoord:
• Hy is die eerste hoepel om die vaatjie. [Hy is die eersgeborene.]

Afgelei:
• hoepelbeen
• hoepelrok
• hoepelrug

Vertaling:
Engels: hoop
Nederlands: hoepel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: borsspeld
Volgende onderwerp: golwing
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 11 07:59:30 UTC 2025