bodem [boodskap #134465] |
Sat, 07 November 2020 16:58 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bodem
Afbreking: bo•dem
Selfstandige naamwoord: bodem
Meervoud: bodems
Verkleinwoord: bodempie
Meervoud van verkleining: bodempies
Betekenis:
• Die onderkant van iets.
• 'n Grondoppervlak of grondgebied.
Gebruik:
• My selfoon het tot op die swembad se bodem gesink.
• Die Springbokke het die rugbywêreldbeker in 1995 op eie bodem gewen.
Spreekwoord:
• 'n Bitter beker tot op die bodem ledig. ['n Swaar ervaring tot die end deurmaak.]
Afgelei:
• bodemkunde
• bodemloos
• bodemskat
• bodemvas
• bodemvog
• seebodem
Vertaling:
Engels: bottom; soil, territory
Nederlands: bodem
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|