voortbrengsel [boodskap #134452] |
Sat, 07 November 2020 08:46 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21086 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
voortbrengsel
Afbreking: voort•breng•sel
Uitspraak: /ˈfʊə̯rtˌbrɛŋ.səl/
Selfstandige naamwoord: voortbrengsel
Meervoud: voortbrengsels
Betekenis:
• Die resultaat van 'n aktiwiteit. Dit wat voortgebring word.
Gebruik:
• En die werking van die geregtigheid sal vrede wees, en die voortbrengsel van die geregtigheid rus en veiligheid tot in ewigheid. [Jesaja 32:17]
Wisselvorm:
• voortbringsel (ongewoon)
Sinoniem:
• maaksel
• opbrengs
• produk
• skepsel
• vrug
Vertaling:
Engels: product, offspring, gain, yield, benefit
Nederlands: voortbrengsel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|