Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » "Kontinentale Drywing" deur CHARLES DURAND
"Kontinentale Drywing" deur CHARLES DURAND [boodskap #14049] Sat, 25 April 1998 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2173
Geregistreer: May 1997
Karma: 0
Senior Lid
KONTINENTALE DRYWING
Charles Durand

Warrelwind

het my skiereiland vir jou te klein geword
het jy die padkaart met jou wysvinger gevolg
by die flouerige lig van verwarring
wat ophelder tot jou professionele sonopkoms?

al die jare kon ek jou vang voor die waterval
ek kon vir jou visvang, ek kon jou ekologies behandel
jy't saam met my verstedelik
jy't saam met my elke winter verjaar

en nou sê jy -
jou sandduin het verskuif
die lugfoto's kan jy nou verduidelik
miskien is dit hoekom jy huil

skielik het die seisoenale monsoene hulself vergeet...

ek hoop jy kan my bo die sikloon hoor skree
ek wil jou laat weet van mooiweer,
verspoelings wat herstel is na die onlangse reën, en

as jy kans kry om in die atlas te kyk, seblief beskryf
waarheen die kontinente dryf?
Vorige onderwerp: Afrikaanse 'keyboard layout'
Volgende onderwerp: Wat maak mandela daar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Dec 23 10:21:25 UTC 2024