Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » depressie
depressie [boodskap #134436] Fri, 06 November 2020 07:11
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Depressiewe moeder tydens die Groot Depressie van die jare 1930.
'n Depressiewe moeder tydens die Groot Depressie van die jare 1930.
depressie
Afbreking: de•pres•sie


Selfstandige naamwoord: depressie
Meervoud: depressies
Verkleinwoord: depressietjie
Meervoud van verkleining: depressietjies

Betekenis:
• 'n Algemene of kliniese depressiewe toestand; neerslagtigheid of terneergedruktheid.
• (ekonomie) 'n Langdurige afswaai in die ekonomie van 'n land.
• (aardrykskunde) 'n Laaggeleë gebied; versonke grond; laagte.
• (meteorologie) 'n Gebied met lae lugdruk.

Gebruik:
• Sy is altyd terneergedruk en word vir depressie behandel.
• Dit lyk of die aanhoudende resessie die karakter van 'n depressie aanneem.
• Indien 'n depressie met water gevul sou word, sal 'n meer vorm.
• 'n Tropiese depressie met 'n werwelstorm sal nie land na verwagting môre tref.

Afgelei:
• antidepressant
• depressief
• depressiejare
• depressielyer

Vertaling:
Engels: depression
Nederlands: depressie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: uitdagend
Volgende onderwerp: marinier
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 11 08:00:00 UTC 2025