skarlaken [boodskap #134401] |
Tue, 03 November 2020 11:23 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
skarlaken
Afbreking: skar•la•ken
Selfstandige naamwoord: skarlaken
Meervoud: –
Betekenis:
• Stof met 'n helderrooi kleur en 'n effense oranje skynsel.
Gebruik:
• Al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol. [Jesaja 1:18]
Afgelei:
• skarlakenkoors
• skarlakenluis
• skarlakenrooi
Vertaling:
Engels: scarlet
Nederlands: scharlaken
Byvoeglike naamwoord: skarlaken
Attributief: skarlaken
Betekenis:
• Helderrooi in kleur met 'n sweempie oranje.
Gebruik:
• Die beeld word teen 'n skarlaken agtergrond uitgestal.
Vertaling:
Engels: scarlet
Nederlands: scharlaken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|