trekpleister [boodskap #134399] |
Tue, 03 November 2020 08:32 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
trekpleister
Afbreking: trek•plei•ster
Samestelling: trek + pleister
Selfstandige naamwoord: trekpleister
Meervoud: trekpleisters
Verkleinwoord: trekpleistertjie
Meervoud van verkleining: trekpleistertjies
Betekenis:
• 'n Soort pleister om kwaad uit 'n wond uit te trek.
• (figuurlik) Plek soos 'n museum of pretpark wat toeriste en besoekers lok.
Gebruik:
• Plak 'n trekpleister op die seerplek om die etter uit te kry.
• 'n Waterval is een van die mooiste natuurverskynsels en gewoonlik ook 'n trekpleister vir toeriste.
Sinoniem:
• attraksie
Vertaling:
Engels: blister-plaster; attraction
Nederlands: trekpleister
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|