| evalueer [boodskap #134394] |
Ma., 02 November 2020 17:30 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26631 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
evalueer
Afbreking: e•va•lu•eer
Werkwoord: evalueer
Verlede tyd: het geëvalueer
Teenwoordige deelwoord: evaluerend, evaluerende
Verlede deelwoord: geëvalueerde
Betekenis:
• Om iets te beoordeel; die waarde daarvan bepaal (goed, sleg, gepas, ens.)
Gebruik:
• Hulle evalueer elke voorstel aan die hand van die koste en impak daarvan.
Sinoniem:
• assesseer
• beoordeel
• waardeer
Hiponiem:
• herevalueer
Afgelei:
• evaluasie
• evalueerbaar
• evaluering
Vertaling:
Engels: to assess, evaluate
Nederlands: evalueren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|