inperk [boodskap #134379] |
Sun, 01 November 2020 19:05 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
inperk
Afbreking: in•perk
Samestelling: in + perk
Werkwoord: perk in, inperk
Verlede tyd: het ingeperk
Betekenis:
• Binne afgebakende grense hou; die leefgebied kleiner maak.
• (figuurlik) Afskaal of kleiner maak.
Gebruik:
• Kunstenaars hou virtuele konserte terwyl die virus ons inperk.
• Die regering se magte behoort eerder ingeperk en nie verder uitgebrei te word nie.
Sinoniem:
• afkamp
• begrens
• hokslaan
• inhok
• interneer
Afgelei:
• inperking
Vertaling:
Engels: to enclose, fence in, confine; to curtail, limit, restrict
Nederlands: inperken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|