versnelling [boodskap #134364] |
Sat, 31 October 2020 09:20 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
versnelling
Afbreking: ver•snel•ling
Selfstandige naamwoord: versnelling
Meervoud: versnellinge, versnellings
Verkleinwoord: versnellinkie
Meervoud van verkleining: versnellinkies
Betekenis:
• Die handeling van versnel; om spoed op te tel en vinniger te beweeg.
• (fisika) Die tempo waarteen die snelheid van die liggaam verander.
Gebruik:
• Die motor het 'n topspoed van 190 km/h en 'n versnelling van 0-100 in 10,5 sekondes.
• Versnelling word in meter per sekonde per sekonde (m/s2) aangedui omdat dit 'n verandering in snelheid (wat self in m/s uitgedruk word) per sekonde aandui.
Antoniem:
• vertraging
Afgelei:
• stroomversnelling
Vertaling:
Engels: acceleration
Nederlands: versnelling
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|