kambro [boodskap #134363] |
Sa, 31 Oktober 2020 08:40 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20792 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kambro
Afbreking: kam•bro
Selfstandige naamwoord: kambro
Meervoud: kambro's
Verkleinwoord: kambro'tjie
Meervoud van verkleining: kambro'tjies
Betekenis:
• Eetbare knolgewas van die Karoo wat 'n melkagtige stof bevat, Fockea edulis.
Gebruik:
• 'n Kambro kan net soos 'n patat vir die eettafel gaargemaak word.
Sinoniem:
• bergbaroe
• bergkambroo
• kambaroo
• kambroo
• hotnotswaatlemoen
Afgelei:
• kambrobol
• kambrokonfyt
• kambrobredie
Vertaling:
Engels: Hottentot bread
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|