verskuiwing [boodskap #134360] |
Fri, 30 October 2020 20:33 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verskuiwing
Afbreking: ver•skui•wing
Selfstandige naamwoord: verskuiwing
Meervoud: verskuiwinge, verskuiwings
Verkleinwoord: verskuiwinkie
Meervoud van verkleining: verskuiwinkies
Betekenis:
• Die handeling van verskuif; van tyd of plek laat verander.
Gebruik:
• Vanweë voortdurende beweging in die seebodem en die verskuiwing van kontinentale plate word die Middellandse See dikwels deur aardbewings en vulkane geteister.
Afgelei:
• aardverskuiwing
• klankverskuiwing
• paradigmaverskuiwing
• tydverskuiwing
Vertaling:
Engels: shift
Nederlands: verschuiving
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|