ramshoring [boodskap #134338] |
Fri, 30 October 2020 08:07 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ramshoring
Afbreking: rams•ho•ring
Samestelling: ram + -s- + horing
Selfstandige naamwoord: ramshoring
Meervoud: ramshorings
Verkleinwoord: ramshorinkie
Meervoud van verkleining: ramshorinkies
Betekenis:
• Die horing van 'n skaapram, wat dikwels as blaasinstrument gebruik word.
Gebruik:
• Sewe priesters moet elkeen 'n ramshoring voor die ark uit dra. [Josua 6:4]
Afgelei:
• ramshoringblaser
Vertaling:
Engels: ram's horn
Nederlands: ramshoorn
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|