besonderheid [boodskap #134317] |
Thu, 29 October 2020 15:31 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
besonderheid
Afbreking: be•son•der•heid
Selfstandige naamwoord: besonderheid
Meervoud: besonderhede
Verkleinwoord: besonderheidjie
Meervoud van verkleining: besonderheidjies
Betekenis:
• 'n Kleiner detail van 'n groter geheel.
• 'n Merkwaardige andersheid.
Gebruik:
• Die kunstenaar het alles tot in die fynste besonderheid weergegee.
• Die Paarlberg beskik oor 'n geologiese besonderheid.
Sinoniem:
• aspek
• detail
• eienskap
• element
• feit
• item
• spesialiteit
Vertaling:
Engels: detail
Nederlands: bijzonderheid
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|