Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » trekker
trekker [boodskap #134311] Wed, 28 October 2020 18:55
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n John Deere-trekker.
'n John Deere-trekker.
trekker
Afbreking: trek•ker


Selfstandige naamwoord: trekker
Meervoud: trekkers
Verkleinwoord: trekkertjie
Meervoud van verkleining: trekkertjies

Betekenis:
• Voertuig wat in die landbou gebruik word om implemente te trek.
• Iemand wat van plek tot plek rondtrek; migrant.
• Iets of iemand wat trek (in teenstelling met stoot).

Gebruik:
• Die boer ploeg met 'n groen trekker met geel wiele.
• Die nomade is nie 'n trekker wat van punt A na punt B trek nie, maar wie se ruimte oop en onbepaald is.
• Met toutrek moet elke span dieselfde hoeveelheid trekkers hê.

Afgelei:
• kurktrekker
• toutrekker

Vertaling:
Engels: tractor; wayfarer; puller
Nederlands: trekker

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: hekel
Volgende onderwerp: portret
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 11 06:06:08 UTC 2025