huishouding [boodskap #134305] |
Wo, 28 Oktober 2020 13:47 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20792 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
huishouding
Afbreking: huis•hou•ding
Selfstandige naamwoord: huishouding
Meervoud: huishoudings
Verkleinwoord: huishoudinkie
Meervoud van verkleining: huishoudinkies
Betekenis:
• Die mense wat saam in 'n huis woon.
• Die daaglikse geskarrel om die inwoners van 'n huis gevoed, skoon en aangetrek te hou.
Gebruik:
• Tydens die droogte is elke huishouding tot 12 000 liter water per maand beperk, waarna hulle streng beboet is.
• Ná haar ma se dood het sy die huishouding oorgeneem.
Vertaling:
Engels: household; housekeeping
Nederlands: huishouding
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|