hartversterking [boodskap #134300] |
Wed, 28 October 2020 09:25 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
hartversterking
Afbreking: hart•ver•ster•king
Samestelling: hart + versterking
Selfstandige naamwoord: hartversterking
Meervoud: hartversterkings
Verkleinwoord: hartversterkinkie
Meervoud van verkleining: hartversterkinkies
Betekenis:
• Iets wat 'n mens krag en moed gee, of wat andersinds die hart sterk sou maak, soos 'n alkoholiese drankie.
Gebruik:
• Ag, skink maar vir ons 'n hartversterkinkie.
Sinoniem:
• hartversterker
• sopie
Afgelei:
• hartversterkingsmiddel
Vertaling:
Engels: nip
Nederlands: hartversterking
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|