plons [boodskap #134297] |
Tue, 27 October 2020 13:10 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
plons
Afbreking: plons
Werkwoord: plons
Verlede tyd: het geplons
Betekenis:
• In die water in val of spring.
Gebruik:
• Die kinders plons, tot groot ergernis van hulle ouers, in 'n plas water.
Afgelei:
• inplons
• plonsery
Vertaling:
Engels: to plunge, splash, plop
Nederlands: plonzen
Selfstandige naamwoord: plons
Meervoud: plonse
Verkleinwoord: plonsie
Meervoud van verkleining: plonsies
Betekenis:
• Klank van iets swaars wat in 'n vloeistof inval, of van 'n vloeistof wat iets tref.
Gebruik:
• Ek hoor die plons van bloed soos dit van sy voorkop af drup.
Vertaling:
Engels: splash
Nederlands: plons
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|