botsing [boodskap #134284] |
Mon, 26 October 2020 18:27 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
botsing
Afbreking: bot•sing
Samestelling: bots + -ing
Selfstandige naamwoord: botsing
Meervoud: botsinge, botsings
Verkleinwoord: botsinkie
Meervoud van verkleining: botsinkies
Betekenis:
• Dinge wat fisies bots; met geweld byeenkom.
• 'n Konflik, rusie of stryd.
Gebruik:
• Talle mense is in 'n botsing op die snelweg beseer.
• Enige moontlike botsing van belange moet vooraf verklaar word.
Afgelei:
• kettingbotsing
• kop-aan-kop-botsing
• kop-teen-kop-botsing
• treinbotsing
Vertaling:
Engels: collision; clash
Nederlands: botsing
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|