vervolg [boodskap #134279] |
Mon, 26 October 2020 15:18 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vervolg
Afbreking: ver•volg
Werkwoord: vervolg
Verlede tyd: het vervolg
Betekenis:
• 'n Handeling voortsit; aangaan met iets.
• Iemand vir vergelding probeer opspoor.
• 'n Geregtelike geding voer.
Gebruik:
• Die radiodrama word volgende week vervolg.
• Talle Christene is weens hulle geloof vervolg.
• Gerrie Nel gaan die saak privaat vervolg.
Vertaling:
Engels: to continue; to persecute, prosecute
Nederlands: vervolgen
Selfstandige naamwoord: vervolg
Meervoud: –
Betekenis:
• Voortsetting van iets wat vroeër plaasgevind het.
Gebruik:
• Die vervolg word volgende week uitgesaai.
Vertaling:
Engels: continuation, sequel
Nederlands: vervolg
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|