knuppeldik [boodskap #134265] |
Sun, 25 October 2020 17:32 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
knuppeldik
Afbreking: knup•pel•dik
Samestelling: knuppel + dik
Byvoeglike naamwoord: knuppeldik
Attributief: knuppeldik
Betekenis:
• Intensiewe vorm van dik; styf vol gestop of geëet.
Gebruik:
• Daar was kos te kies en te keur en ons was knuppeldik toe ons daar weg is.
Sinoniem:
• oorversadig
• trommeldik
Wisselvorm:
• knubbeldik
• knippeldik
Vertaling:
Engels: stuffed
Nederlands: knuppeldik
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|