abstrak [boodskap #134234] |
Sat, 24 October 2020 14:46 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
abstrak
Afbreking: ab•strak
Byvoeglike naamwoord: abstrak
Vergrotende trap: abstrakter
Oortreffende trap: abstrakste
Attributief: abstrakte
Partitief: abstrakts
Betekenis:
• Wat nie as 'n vorm voorgestel of beskryf kan word nie.
• Wat geen verband met die sintuiglike werklikheid het nie.
Gebruik:
• Sy kuns is baie abstrak.
• 'n Abstrakte selfstandige naamwoord beskryf iets wat ons nie met die blote oog kan sien nie, soos liefde, haat, jaloesie, vrees en tevredenheid.
Antoniem:
• figuratief
• konkreet
• realisties
Afgelei:
• abstraheer
• abstraksie
• abstraktheid
Afkorting:
• abstr.
Vertaling:
Engels: abstract
Nederlands: abstract
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|