'n Storie of wat [boodskap #13981] |
Thu, 23 April 1998 00:00 |
Charl Durand
Boodskappe: 55 Geregistreer: January 1996
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Die engel met die tuinslang in die carwash
I. Die hond en die maan
Ek gaan draf met die ou hond op die strand. Girts girts maak die sand onder
my voete, swoesh sê die see. Die hond raak naderhand effens agter, arme
ding, sy asem nie meer die' van jare gelede nie. Ek gaan staan stil en wag
hom in, ekself maar hygend. Dit is volmaan, die ronde kaas hang soos 'n oog
aan die muur van die horison. Die hond draf na die waterkant om die lig te
gaan ruik. Soos glimwurms dartel die maan se weerkaatsing tussen die golfies
deur, 'n ligpad wat strek van die verste punt van die oseaan tot by die hond
se pote. Hy lig sy kop en kyk uit oor die see, waterdruppels aan sy baard. Hy
sou op daardie ligpad kon loop, weet ek, soos 'n jesus, as hy net die maan
kon vertrou.
II. Die kettingleer
Die eerste keer toe ek die kettingleer sien, het ek gedink: vandag duiwel ek
hier af. Dit was nie vreeslik hoog nie; miskien twintig of dertig meter.
Maar dit het loodreg teen die rotswand uitgeslang, en verder op met 'n
effense boog agter die klippe uit sig verdwyn, die bo-punt van die leer 'n
onseker hemel. Boonop het die bergwind die leer se trappies laat rinkel, soos
'n deurklokkie het dit iemand laat weet, hy is hier.
Ver bo die plato het die lammervanger stadig 'n draai voor die donderwolke
gemaak, sy vlerke 'n stil erkenning van die wind se krag.
Mont-aux sources, 3 April 1998
III. Are friends electric?
Selfmoordgedagtes, sê die blonde meisie voor sy die pizza hap. Nog nooit
gehad nie. En verder, wie wil nou voor sy tyd doodgaan? Fok ouers, fok
onvriendlike kafee-eienaars, fok stupid boyfriends. Ek kan van werk verander,
of 'n hond kry, of my kar verf. Niks is onmoontlik nie. Ek kan voor die
spieel staan en rooi lipstiffiekringe om my oe trek, en besluit, hi'e'r sit
my siel. En ek en jy kan hande vashou in tranetrekkermovies, als wat lekker
is. Leef, leef is 'n besluit, nooit 'n gegewe nie. As die kar breek, bel 'n
mechanic, ryloop, of bel die AA, die trip is die moeite werd. Ek kan altyd
mooier aantrek as gisteroggend, want ek is die hero in my eie storie.
...verstaan jy? Glo jy my?
-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/ Now offering spam-free web-based newsreading
|
|
|
Re: 'n Storie of wat [boodskap #14019 is 'n antwoord op boodskap #13981] |
Fri, 24 April 1998 00:00 |
doos
Boodskappe: 14 Geregistreer: February 1998
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
In article , ev...@sportspace.co.za
says...
> .......
> .......
Dankie.
Vergeleke met die norm hier is jou bydrae verfrissend.
Ignoreer maar die idiote wat ook daarmee sal fout vind.
Groetnis.
|
|
|
Re: 'n Storie of wat [boodskap #14020 is 'n antwoord op boodskap #13981] |
Fri, 24 April 1998 00:00 |
harms...
Boodskappe: 8 Geregistreer: April 1998
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
> Die engel met die tuinslang in die carwash
(snip = sappige binnegoed verteer)
> ...verstaan jy? Glo jy my?
ai, hoe lekker spoed so 'n leë druiwedop !!
--
remove NOSPAM to reach me
|
|
|
Re: 'n Storie of wat [boodskap #14021 is 'n antwoord op boodskap #13981] |
Fri, 24 April 1998 00:00 |
Nico
Boodskappe: 259 Geregistreer: February 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Dis nou die soort bydrae waarvan ek meer sal wil sien op hierdie NG !!!
Dankie !!!
--
Net Nico ...
ev...@sportspace.co.za wrote in article
...
| Die engel met die tuinslang in die carwash
|
|
|
Re: 'n Storie of wat [boodskap #14022 is 'n antwoord op boodskap #13981] |
Fri, 24 April 1998 00:00 |
G.B.
Boodskappe: 2173 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
ev...@sportspace.co.za writes:
> I. Die hond en die maan
Die hond draf na die waterkant om die lig te
> gaan ruik. Soos glimwurms dartel die maan se weerkaatsing tussen
die golfies deur, 'n ligpad wat strek van die verste punt van die
oseaan tot by die hond se pote. Hy lig sy kop en kyk uit oor die see,
waterdruppels aan sy baard. Hy
> sou op daardie ligpad kon loop, weet ek, soos 'n jesus, as hy net die maan
> kon vertrou.
Dankie. Dis net soos dit is.
> II. Die kettingleer
> Die eerste keer toe ek die kettingleer sien, het ek gedink: vandag duiwel ek
> hier af. Dit was nie vreeslik hoog nie; miskien twintig of dertig meter.
> Maar dit het loodreg teen die rotswand uitgeslang, en verder op met 'n
> effense boog agter die klippe uit sig verdwyn, die bo-punt van die leer 'n
> onseker hemel. Boonop het die bergwind die leer se trappies laat rinkel, soos
> 'n deurklokkie het dit iemand laat weet, hy is hier.
>
> Ver bo die plato het die lammervanger stadig 'n draai voor die donderwolke
> gemaak, sy vlerke 'n stil erkenning van die wind se krag.
Hulle behoort vir 'n mens te waarsku oor
daardie kettingleer. Jy stap drie-kwart
van die dag ewe maklik die voetheuwels
op, vanplan om die nag bo-op Mont-aux-
Sources te slaap. En dan kom jy op die
ding af. Dan weet jy jy moet nou maar
opgaan, want teruggaan kan jy nie - dit
sal middernag wees voordat jy weer by
die hotel aankom. Dan begin jy maar klim,
om nie vir die ander te wys hoe bang jy
is nie. Later sing ek hardop, so bang
is ek. Bo-op sê my vriendin vir my dat
alleen die feit dat sy my hoor sing het,
voorkom het dat sy halfpad op met die
ysterketting op weer wou omdraai.
Gloudina
|
|
|