| blouaap [boodskap #134225] |
Vr., 23 Oktober 2020 13:26 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24152 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Blouaap met haar kleintjie.
blouaap
Afbreking: blou•aap
Samestelling: blou + aap
Selfstandige naamwoord: blouaap
Meervoud: blouape
Verkleinwoord: blouaapie
Meervoud van verkleining: blouaapies
Betekenis:
• Primaat van gemiddelde grootte wat suid van die Sahara voorkom, Chlorocebus pygerythrus.
Gebruik:
• Die blouaap woon in nou-verweefde sosiale groepe saam.
Vertaling:
Engels: vervet monkey
Nederlands: blauwaap
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|