gluon [boodskap #134214] |
Thu, 22 October 2020 20:55 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
gluon
Afbreking: glu•on
Uitspraak: /ˈɣlywɔn/
Selfstandige naamwoord: gluon
Meervoud: gluone, gluons
Betekenis:
• 'n Elementêre deeltjie wat kwarke bymekaar hou.
Gebruik:
• 'n Gluon is 'n massalose ykboson wat kwarke saambind om barione, mesone en ander hadrone te vorm en wat met die sterk kernkrag verbind word.
Afgelei:
• anti-gluon
• gluodinamika
Verwant:
• kwark
• hadron
Vertaling:
Engels: gluon
Nederlands: gluon
Nota:
• Van Engels gluon: glue (gom) + -on
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|