treurmare [boodskap #134212] |
Thu, 22 October 2020 20:03 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
treurmare
Afbreking: treur•ma•re
Samestelling: treur + mare (tyding)
Selfstandige naamwoord: treurmare
Meervoud: treurmares
Verkleinwoord: treurmaretjie
Meervoud van verkleining: treurmaretjies
Betekenis:
• 'n Droewige tyding of rampsalige berig.
Gebruik:
• Ons het so gewoond geraak aan die daaglikse treurmares in ons koerante.
Sinoniem:
• weeklag
Vertaling:
Engels: sad news
Nederlands: treurmare
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|