bemarking [boodskap #134210] |
Thu, 22 October 2020 19:21 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bemarking
Afbreking: be•mar•king
Selfstandige naamwoord: bemarking
Meervoud: –
Betekenis:
• Aktiwiteite om die verkoop van produkte en dienste te bevorder, insluitende advertering, promosies, navorsing en verspreiding.
Gebruik:
• Bemarking geskied nou nie meer net deur die media, uithangborde, koerante en tydskrifte nie, maar het ook na die internet uitgebrei.
Afgelei:
• bemarkingsagent
• bemarkingsbesluite
• bemarkingsbestuur
• bemarkingsbestuurder
• bemarkingsfoefie
• bemarkingsinfrastruktuur
• bemarkingskakeling
• bemarkingskunde
• bemarkingsnavorser
• bemarkingsplan
• bemarkingsraad
• bemarkingsveldtog
• bemarkingswêreld
Vertaling:
Engels: marketing
Nederlands: marketing
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|