skertsend [boodskap #134194] |
Wed, 21 October 2020 12:51 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
skertsend
Afbreking: skert•send
Byvoeglike naamwoord: skertsend
Attributief: skertsende
Betekenis:
• Deur te skerts (op 'n grappige manier te spot).
Gebruik:
• Marthinus van Schalkwyk is skertsend Kortbroek genoem weens sy aanvanklike gebrek aan politieke ervaring.
Sinoniem:
• humoristies
• lughartig
• spottend
Antoniem:
• ernstig
Vertaling:
Engels: facetious, jokingly, jestingly
Nederlands: schertsend
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|