indiensopleiding [boodskap #134193] |
Wed, 21 October 2020 12:33 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
indiensopleiding
Afbreking: in•diens•op•lei•ding
Samestelling: indiens + opleiding
Selfstandige naamwoord: indiensopleiding
Meervoud: –
Betekenis:
• Die opleiding van personeel wat in diens van 'n maatskappy is, sodat juniors die nodige vaardighede kan bekom, en seniors se vaardighede uitgebou kan word.
Gebruik:
• Personeelontwikkeling kan slegs deur indiensopleiding tot sy ware reg kom.
Afgelei:
• indiensopleidingsbehoeftes
• indiensopleidingskursus
• indiensopleidingsprogram
Vertaling:
Engels: in-service training
Nederlands: bijscholing
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|