Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » trauma
trauma [boodskap #134177] Di, 20 Oktober 2020 11:24
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20792
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
trauma
Afbreking: trau•ma


Selfstandige naamwoord: trauma
Meervoud: traumas
Verkleinwoord: traumatjie
Meervoud van verkleining: traumatjies

Betekenis:
• 'n Skokkende ervaring met psigologiese nagevolge.
• 'n Ernstige besering as gevolg van 'n ongeluk of verwonding.

Gebruik:
• Die Afrikaner het in die 1930's 'n dekade van trauma en spanning beleef.
• Amputasie is vir die geamputeerde 'n ernstige trauma, nie net liggaamlik nie, maar ook geestelik.

Wisselvorm:
• trouma

Afgelei:
• trauma-eenhied
• traumageval
• traumaterapie
• traumatiseer
• traumatologie
• traumatoloog
• traumaties

Vertaling:
Engels: trauma
Nederlands: trauma

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: makaber
Volgende onderwerp: gifslang
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Nov 25 23:39:08 MGT 2024