makaber [boodskap #134176] |
Di, 20 Oktober 2020 10:52 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20792 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
makaber
Afbreking: ma•ka•ber
Byvoeglike naamwoord: makaber
Attributief: makabere
Betekenis:
• Soos die dood of wat op die dood betrekking het.
Gebruik:
• Haar swart grimering laat haar onaards en makaber lyk.
Sinoniem:
• grieselig
• grillerig
• huiweringwekkend
• morbied
• sinister
• spookagtig
Afgelei:
• makaberheid
Vertaling:
Engels: macabre
Nederlands: macaber
Nota:
• Met verwysing na die Makkabeërs, die leiers van 'n Joodse opstand teen Hellenistiese Jode wat afvallig van die tradisies geraak het.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|