petrolpedaal [boodskap #134172] |
Ma, 19 Oktober 2020 20:06 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20792 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
petrolpedaal
Afbreking: pe•trol•pe•daal
Samestelling: petrol + pedaal
Uitspraak: /ˈpetrəɫpiˌdɑːɫ/, /ˈpetrəɫpəˌdɑːɫ/
Selfstandige naamwoord: petrolpedaal
Meervoud: petrolpedale
Verkleinwoord: petrolpedaaltjie
Meervoud van verkleining: petrolpedaaltjies
Betekenis:
• Pedaal in 'n motor om die brandstof te reël.
Gebruik:
• Hy haal sy voet van die petrolpedaal af en laat die motor geleidelik tot stilstand kom.
Sinoniem:
• lepel
• versneller
Vertaling:
Engels: gas pedal, accelerator
Nederlands: gaspedaal
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|