Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » hoendervleis
hoendervleis [boodskap #134171] Ma, 19 Oktober 2020 20:01
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20792
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Gebraaide hoendervleis
Gebraaide hoendervleis
Hoendervleis
Hoendervleis
hoendervleis
Afbreking: hoen•der•vleis
Samestelling: hoender + vleis
Uitspraak: /ˈɦunərfləɪ̯s/


Selfstandige naamwoord: hoendervleis
Meervoud: hoendervleise
Verkleinwoord: hoendervleisie
Meervoud van verkleining: hoendervleisies

Betekenis:
• Vleis van 'n hoender wat as voedsel geëet word.
• Refleks van die vel onder invloed van koue of angs, waarby die haartjies regop staan.

Gebruik:
• In teenstelling met die rooivleis van soogdiere word hoendervleis witvleis genoem.
• Sulke stories gee my hoendervleis tot agter my ore!

Afgelei:
• hoendervleisbedryf
• hoendervleisgevoel
• hoendervleisporsies

Vertaling:
Engels: chicken meat; goose bumps
Nederlands: kippenvlees; kippenvel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kakaoboom
Volgende onderwerp: petrolpedaal
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Nov 25 23:51:05 MGT 2024