waarneem [boodskap #134169] |
Ma, 19 Oktober 2020 19:39 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20792 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
waarneem
Afbreking: waar•neem
Werkwoord: neem waar, waarneem
Verlede tyd: het waargeneem
Betekenis:
• Met die oë sien; inligting met die sintuig van sig bekom.
• Tydelik vir iemand instaan; tot iemand se terugkeer sy funksie verrig.
Gebruik:
• Die lig van 'n vuurtoring roteer, sodat skepe dit as 'n periodiese flits waarneem.
• Willie sal in my afwesigheid waarneem.
Vertaling:
Engels: to observe, watch, perceive; to act on behalf
Nederlands: waarnemen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|