Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » murgpeer
murgpeer [boodskap #134163] Ma, 19 Oktober 2020 15:21
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20792
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Oopgesnyde murgpeer.
'n Oopgesnyde murgpeer.
murgpeer
Afbreking: murg•peer
Samestelling: murg + peer
Uitspraak: /ˈmœrχˌpiə̯r/


Selfstandige naamwoord: murgpeer
Meervoud: murgpere
Verkleinwoord: murgpeertjie
Meervoud van verkleining: murgpeertjies

Betekenis:
• 'n Peervormige tropiese vrug met murgagtige vleis en 'n groot pit, Persea gratissima.

Gebruik:
• 'n Murgpeer het 'n groen skil wat later donkerbruin of selfs swart verkleur.

Sinoniem:
• avokado
• avokadopeer
• advokaatpeer

Vertaling:
Engels: avocado, alligator pear
Nederlands: avocado
Venda: ḽiafukhada
Xhosa: iavokado, imponyomponyo
Zoeloe: ukwatapheya, ukwata, ikotapheya

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: mengtaal
Volgende onderwerp: troonkamer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Nov 25 23:38:59 MGT 2024